Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

1 Corinthians 16

:
Afrikaans - AFR20
1 Wat die insameling vir die •heiliges betref: Die reëling wat ek in die •gemeentes van Galasië getref het, moet julle ook so uitvoer.
2 Elkeen van julle afsonderlik moet op die eerste dag van die week 'n bedrag opsy sit, en volgens sy verdienste spaar, sodat die insamelings nie eers plaasvind wanneer ek kom nie.
3 Wanneer ek opdaag, sal ek, wie julle ook al goedkeur, met aanbevelingsbriewe stuur om julle gawes na Jerusalem te neem.
4 Indien dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle my vergesel.
5 Ek sal na julle kom as ek deur Macedonië gereis het, want ek gaan deur Macedonië reis.
6 Moontlik sal ek 'n tyd by julle oorbly, of selfs oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag gaan.
7 Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie; ek hoop immers om 'n tyd lank by julle te bly, indien die Here dit toelaat.
8 Ek sal egter tot Pinkster in Efese bly,
9 want 'n deur het groot en kragtig vir my oopgegaan, hoewel daar baie teenstanders is.
10 As Timoteus kom, sorg dat hy by julle niks te vrees het nie, want soos ek, doen hy ook die werk van die Here;
11 daarom moet niemand hom minag nie. Help hom in vrede om na my te kom, want ek verwag hom saam met die broers.
12 En oor die broer Apollos: Ek het hom herhaaldelik versoek om saam met die broers na julle te gaan, maar hy wil beslis nie nou gaan nie. Hy sal gaan wanneer dit vir hom geleë is.
13 Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manhaftig, wees sterk.
14 Laat alles wat julle doen, in liefde geskied.
15 Ek rig nog 'n ernstige versoek tot julle, broers. Julle weet dat Stefanas en sy huisgesin die eerstelinge in Agaje is, en hulleself tot diens van die •heiliges gestel het.
16 Onderwerp julle aan die leiding van sulke mense, en aan elkeen wat saamwerk en hom inspan.
17 Ek is bly oor die koms van Stefanas, Fortunatus en Agaïkus, want hulle het vergoed vir my gemis aan julle.
18 Hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Gee daarom erkenning aan sulke mense.
19 Die •gemeentes in Asië groet julle. Akwila en Priska, en die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom, stuur vir julle baie groete in die Here.
20 Al die broers groet julle. Groet mekaar met 'n heilige soen.
21
22
23
24